Kinderberading deur spelterapie / Counselling children through play therapy
Dr. Kirsten du Toit
Praktyknommer / Practice number 8907536
D Phil (Maatskaplike Werk) / D Phil (Social Work)
MA (MW) (Spelterapie) / MA (SW) (Play Therapy)
BA (Maatskaplike Werk) / BA (Social Work)
 [Original Resolution].jpg)
Perdgesentreerde spelterapie / Horse centered playtherapy
Ek is reeds dertien jaar in privaatpraktyk. Ek spesialiseer hoofsaaklik in spelterapie met kinders wat enige traumatiese ervarings moet hanteer. Ouderdomme vir terapie is meestal vanaf drie jarige ouderdom. Wat is spelterapie? Spel is die kind se natuurlike manier om te kommunikeer en 'n medium waardeur hy sy wereld kan uitsorteer en daarvan sin maak. Terwyl die kind speel kan hy sy situasie konkretiseer, sy emosies uitdruk en dit na die oppervlak bring waar hy dit kan erken, ervaar en bemeester.
Kinders wat by spelterapei baatvind is:
- Kinders wat by 'n verandering in hulle situasie moet aanpas, soos om na 'n nuwe huis te trek, na 'n nuwe skool te gaan of 'n nuwe boetie of sussie by te kry.
- Kinders wie se ouers geskei is of in proses van egskeiding is.
- Kinders met onopgeoste hartseer na die verlies van 'n gesinslid, maatjie of troeteldier.
- Kinders wat sukkel om maats te maak, wat skaam is en wat in groepsituasies onttrek.
- Kinders wat angs en stres ervaar.
- Kinders met aggressiewe of onaanvaarbare gedrag.
- Kinders wat hulle naels byt, duime suig of hulle beddens of klere nat-of vuilmaak.
- Kinders met psigo-somatiese simptome (maag- of hoofpyn sonder 'n mediese oorsaak).
- Mishandelde of seksueel misbruikte kinders.
- Hiperaktiewe kinders.
Hoekom perde as hulpmiddel in terapie?
Sedert getroude lewe was ek op die plaas en het ek 'n besondere liefde vir die natuur en perde ontwikkel. Ek is geseend met 'n wonderlike man en drie kinders. Ons hele gesin deel die liefde van die plaaslewe en perde. My oudste dogtertjie ry reeds 7 jaar kompeterend perd en haar lewe bestaan uit perde. Dis daar waar ek die wonderwerk tussen kind en perd begin ervaar het en waar ek besluit het om my praktyk uit te brei met perde as hulpmiddel in my terapie. Deur perde as hulpmiddel te gebruik kon ek duidelik sien en ervaar dat die perde kinders, met emosionele uitdagings in hul lewe, makliker help "oopmaak" en vertrou. Die perdgesentreerde terapie gaan nie oor perdry nie, die kind kry nie formele lesse nie, ons fokus op speel saam met die perd, versorging en rondlei van die perd en om net saam met die perd bewus en stil te word van die wonderwerke in die natuur (natuurlik gebruik en ook soms my spelterapie toerusting en hulpmiddels as deel van die terapie- dit hang alles af van die ouderdom van die kind en die kind se behoeftes.)
Perde dien as 'n soort spieel vir die mens wat saam met hom is. 'n Perd wil veilig voel en is altyd op die uitkyk vir dienre wat hom kan aanval. As 'n sosiale dier is 'n perd ook altyd op soek na 'n leier. Wanneer die kind geleer word hoe 'n perd gehanteer moet word, word hy gou die natuurlike leier wat die perd wil he. En dit laat die kind dan weer in beheer voel van sy wereld. Kinders identifiseer gou met perde en vind so hoop in hul eie lewensomstandighede. Alle krediet van perdgesentreerde terapie gaan aan ons Skepper met die werk wat Hy in perde en kinders se lewens doen.
Ek het 'n kinderspraktyk in Olympus en spesialiseer met die perde by Horse Dynamics. U is welkom om my enige tyd te kontak.